DIE BOER RESTAURANT TEATER, DURBANVILLE

021 979 1911

083 406 0111

navrae

SNEEUWITJIE

SATERDAG 21 AUG OM 13:30- R50-00

met Gaerin Hauptfleisch; Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman

Spektrum en Stercus produksies gaan voort met hul vernuwing van klassieke sprokies met Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge. Die oorspronklike sprokie is deur die Broers Grimm, en Gaerin Hauptfleisch het dit verwerk tot n vermaaklike verhoogstuk. Om die verhaal te vertel word al die pyle in Faktotum Fourie se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare Koningin en haar praatsieke spieël. Daar is ook sprake van n Prins, as die Koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie.

ASPOESTERTJIE

SATERDAG 11 SEPT OM 13:30- R50-00

met Gaerin Hauptfleisch; Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman

Aspoestertjie is aweregs verwerk deur Gaerin Hauptfleisch. Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare Stiefma en dié se twee aaklige dogters. Faktotum Fourie is egter weer op die toneel op te help dat Aspoester by die bal uitkom om die prins se hart te verower en ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet. Stiefma word ook uitsorteer, maar wat haar lot is sal gehore maar moet kom kyk.

DIE AVONTURE VAN PIPPIE LANGKOUS

SATERDAG 18 SEPT OM 13:30-R50-00

Met Deon van Zyl en Nelmari Kemp

Pippie Langkous of te wel Pippalotta Provianda Rolgordyna Kruisementa Efraimsdogter Langkous, bly in huis Winderuis saam met haar Perd en apie, Meneer Jakobs. Maar hoewel daar niks grootmense is nie, is Pippie niks bang nie. Nee want die lewe is vir haar n groot avontuur. Op n dag besoek haar Oumagrootjie haar met n brief en kaart met skatte op van haar pa, die mensvreterkoning van Kerrieklappereiland. Pippie moet die brief soos goud op pas. Maar o, wee daar is n honger seerower wat alte graag in Pippie se erf rond snuffel. Om nie te praat van die nare mensvreter (nie Pippie se pa nie- hy is n liewe mensvreter) wat graag sy kloutjies op die skatte wil kry. Kom kyk hoe draf hierdie rooikop dogtertjie die hele wêreld kaf. REGIE: MARGIT MEYER-RÖDENBECK

BABELELA 1,2,3! (Nuwe Produksie)

26-29 SEPT OM 13:30- R50-00

Die Babalela het amper geen voorstelling nodig nie. Hierdie oulike, pers karaktertjie het al diep in die harte van heelwat maaitjies ingekruip en elke dag is daar nog iemand wat die avonture van die Babalela meeleef. Diep, diep in n donker boswaar die son net soms deur die takke loer. Diep, diep in n donker boswaar die varings welig, diepgroen staan. Diep, diep in n donker bos in n hol boomstop, net onder n blaar, woonDIE BABALELA

About these ads

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 38 other followers

%d bloggers like this: