VIR enige jong musiekleerders gaan Cool Classic Kidz beslis die “koelste” groep wees om by aan te sluit.
Dit is ’n opwindende kindernetwerk waar laerskool-musiekleerders so baie moontlikhede gaan hê – vanaf skakel met ander musiekleerders, internetgeleenthede, inspirasie by rolmodelle uit die gemeenskap tot die geleentheid om oor die radio op te tree. Die woorde “stilsit” of “verveeld wees” gaan nie in Cool Classic Kidz se woordeskat gaan bestaan nie.

Mev. Laurika Steenkamp, eienaar van die Music@Work-ateljee vanaf haar huis in Doordekraal, sê dié projek wat sy nou aanpak, bring geen inkomste in nie, maar gaan ’n diens lewer aan die hele Wes-Kaap se jeug. Sy doen opnames by die ateljee, maar rig ook viool, klavier en sang af.

Sy vertel dat die idee van die klub gebore is toe sy verlede jaar Augustus, ses maande swanger, haar tweelingdogters verloor het. “Dit is nou my manier om my passie uit te leef en gesond te word.
“Ek het gesit en droom – daar is so baie fantastiese musikante wat nie toegang het tot opneemfasiliteite nie. Ek wil kinders motiveer. Baie kinders begin vuur en vlam met musiek, dan sien hulle dis moeilik en harde werk. Almal is nie Mozarts wat aan eisteddfods deelneem nie.”

Sy sê die logo van Cool Classic Kidz het ’n prentjie van twee dogtertjies, Milan en Lilo, wat haar dogtertjies se name sou wees. Die gesiggies van die dogtertjies lyk min of meer soos Juvan (10) haar enigste seun. “Ek wil altyd vir Milan en Lilo herdenk, en sien hoe die projek nie vir ’n jaar of twee nie, maar oor tien jaar steeds groei.”

Steenkamp sê Cool Classic Kidz is ook nou die naam van ’n splinternuwe radioprogram op die Fine Music-radiostasie, 101.3 – dit is ’n gemeenskapstasie wat veral klassieke musiek en jazz speel. Tydens dié radioprogram van 15 minute word vyf lede van Cool Classic Kidz die geleentheid gegee om ’n musiekstuk te speel, en daarna volg ’n kort onderhoud met elk. Die eerste program is reeds uitgesaai op 27 Februarie en sal voortaan elke laaste Saterdag van die maand om 13:45 uitgesaai word.

Steenkamp sal vandeesmaand begin om by al die skole in die noordelike voorstede om te gaan om oudisies te doen vir die Cool Classic Kidz-radioprogram. Daarvandaan sal sy oor die hele Wes-Kaap talent gaan opsoek.
Ander opwindende aktiwiteite vir Cool Classic Kidz wat binnekort aan die gang sal wees, is Twitter, Facebook, blog en ’n webtuiste www.coolclassickidz.co.za wat teen einde Maart aan die gang sal wees – alles sodat kinders met mekaar kan kommunikeer en mekaar kan inspireer.

Steenkamp kan geskakel word by 072 293 0954. E-pos: info@musicatwork.co.za vir meer inligting.

Mev. Laurika Steenkamp wat Cool Classic Kidz op die been gebring het. Hier is sy in haar ateljee, Music@Work, by haar huis in Doordekraal. Foto: Marilize Hansen

Mev. Laurika Steenkamp wat Cool Classic Kidz op die been gebring het. Hier is sy in haar ateljee, Music@Work, by haar huis in Doordekraal. Foto: Marilize Hansen

Marilize Hansen
Journalist -TygerBurger
Verslaggewer -TygerBurger

Tel: 021 917 7445
Fax: 021 946 1971
E-mail: marilize.hansen@tygerburger.co.za
Website: www.tygerburger.co.za

PDF: TygerBurger-TB-TygerBurger-14.pdf

Comments on: "Jong musici se stem só gehoor" (6)

  1. Pieter le Roux said:

    Daar gaat Laurika alweer. Excellent idee – enigiets vir kinders is die moeite werd!

  2. Anci Duffin said:

    Awesome Laurika! Dit sal wonderlik wees vir die kinders se selfbeeld. Ons moet ons klassieke kultuur in die land ten alle koste behou.

    • Jaaa! Ek soek mense in Kroonstad om ook Cool Classic Kidz daar te bedryf. Andre met sy studio ideaal vir opnames ens. sal jy wil deel word van so iets. weet jy doen als ook met passie!

  3. Hierdie talentvolle vrou met haar uitstekende kennis van musiek is ‘n aanwins! Baie geluk en voorspoed, Laurika! Almal van die Chai-klub is baie trots op jou!

  4. Jy’s ‘n mooi mens vol passie vir jou omgewing en jy dra ‘n mooi verantwoordlikheid! Het altyd geweet…! Gaan so aan!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: