Johann Visser (eienaar van Musiek Wêreld) het weereens sy hart groot oopgemaak.  Ambre Minnaar (10) van Bosmansdam Laerskool is gebore met net twee “vingers” aand haar regter hand.  Dit het egter nie die 10-jarige gekeer om haar droom te verwesenlik nie.  Sy het geleer viool speel SONDER die ander 3 vingers.  Aanvanklik het ons van ‘n handskoen gebruik gemaak om die stok aan die hand vas te “velcro” todat haar greep sterk genoeg was om die stok vas te hou.

Ambre het twee weke gelede haar Graad 2 ABRSM viool eksamen afgelê.  Haar interpretasie van die bekende “Moon River” laat ‘n traan in jou siel!.  ‘n behoefte het ontstaan vir ‘n elektriese viool aangesien Ambre as Ambassadeur vir Cool Classic kidz gaan optree en dus dikwels op die verhoog gaan wees.  ” Met ‘n elektriese viool kan ons kompenseer vir die feit dat dit vir haar moeilik is om ‘n “groot” klank te kry met haar stryk arm op die viool.”

Ek het vir Johann Visser van haar vertel en hy het dadelik ingestem om haar viool gedeeltelik te borg.  Ambre gaan in 2011 op tree in Cool Classic Kidz se program wat op feeste in en om die Wes Kaap en by skole gaan optree.  Dit sal ‘n 40 min program wees gemik daarop om kinders op Laerskool vlak te inspireer om hard te werk aan hul musiek.  Dit sal ook verskeie kwessies aanspreek soos groepsdruk, effektiewe tydsbestuur, musiek binne ‘n skool opset, eisteddfodds en musiek onderwysers.  Louise Smit (van Haasdas faam) gaan sorg vir ‘n treffer teks en “The Stage” in samewerking met Cool Classic Kidz gaan die produksie versorg.

Oudisies vir Cool Classic kidz se verhoog produksie (2011) sal in November 2010 gehou word.  Vir meer inligting skakel vir Laurika Steenkamp by info@musicatwork.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: