am alkema www.allmusic.co.za

Tel : 021 981 5551 Faks : 021 981 5552 Jeanettestraat 36, Brackenfell.

Verskaffers van akoestiese instrumente en benodigdhede, bladmusiek, boeke oor musiek en musieksnuisterye.

For English please scroll down.

Baie dankie aan al ons baie kliënte wat ons besoek het tydens ons verjaarsdagmaand.

Ons wil die volgende inligiting oor ons nuwe voorraad onder u aandag bring :

1 Marta Mier: Vir daardie tyd wat u die leerlinge lekker klaviermusiek wil laat speel is haar boekies ideaal. Die boekies word aangedui as early elementary, elementary, late elementary, early advanced, advanced. Ook baie oulike duetboeke vir verskillende moeilikheidsgrade is beskikbaar.

2 Teorieboeke van Louis van Loggerenberg is reeds voorberei (tot graad 2) vir die nuwe Unisa sillabus.

3 Graad 6 nuwe werkboeke van Unisa sal eersdaags in die winkel beskikbaar wees. Die aanpassings is reeds gedoen volgens die nuwe Unisa sillabus.

Doen u leerlinge n guns: laat hulle uit hul eie boeke werk! Boeke is soos kinders, dit bly jou lewe lank by jou. Fotokopiee land op die ou end waar dit hoort: die ashoop.

Op een van die Europese leweransiers se inligtingstukke is die volgende gedruk: Niemand wil graag as dief gebrandmerk word nie. So waarom dan van skrywers en uitgewers steel?

4 Graad 5 Unisa werkboeke volgens die nuwe sillabus gaan binnekort beskikbaar wees.

5 Indien u die Trinity leerplan met u leerders volg, laat hulle gerus die baie oulike Trinity teorieboekies deurwerk, selfs al skryf hulle nie eksamen nie. Die boekies is gerig daarop om die kind musiek te laat verstaan op n lekker informele manier.

6 Nuwe bladleesboeke van ABRSM is gerig daarop om die pianiste hul vrees vir bladlees te help oorkom.

7 Al die Unisa-klaviere eksamenboeke bly dieselfde. Die keuse vir aanbieding van die derde stuk kan uit enige van die lyste kom of selfs n vrye keuse wees wat vir goedkeuring voorgelê moet word. Die eerste twee kom uit lys A en B.

8 Vir die volgende twee jaar sal die bestaande vakmusiekboeke nog van toepassing wees. Allmusic verskaf die boeke van Future en Antoinette Hook.

9 Nuut is ons voorraad is die klavierreeks: Piano Adventures deur Nancy en Randall Faber. Hierdie kleurvolle kreatiewe boeke begin deur die klawerbord aan die leerling bekend te stel maar wanneer die notebalk begin word middel C as vertrekpunt geneem. Vrolike en interessante prente en kreatiewe assosiasies maak die boekies baie aangenaam om te gebruik. Die reeks sluit in onder meer lesson, theory, technique and artistry, performance in. Verder is daar ook n volwasse boek beskikbaar. Die reeks is werklik die moeite werd om te ondersoek en te gebruik.

10 Nog op soek na iets om met die kinders vir Kersfees te doen? Kom kyk gerus na die moontlikhede in die winkel.

11 Ons het fantastiese boeke gerig op Barokmusiek in die winkel. Baroque String Playing for ingenious learners en The Weapons of Rhetoric a guide for musicians and audiences deur Judy Tarling word hoog aangeskryf. Met hierdie twee boeke sal jy nooit weer twyfel oor die bedoeling, betekenis en invloed van Barokmusiek nie.

12 Ons het n verskeidenheid fluite en viole teen spesiale pryse beskikbaar om te verkoop. Ons bied alle instrumente, staanders, chromatiese stemmers (tuners) sowel as stemmers vir spesifieke instrumente soos ghitaar. Metronome (meganies en elektronies) word deur ons verskaf asook djembes van verskillende groottes. Alle blokfluite (ook hout blokfluite) is by ons verkrygbaar.

13 Op soek na Sibelius 6, Musition (n volledige interaktiewe teorieprogram) of Auralia? Kontak ons. Allmusic is trots om aan te kondig dat ons die vertalingsreg vir Musition verkry het. U kan dus in volgende jaar n Afrikaanse interaktiewe teorieprogram by ons aankoop.

14 Al gedroom om ook interaktiewe musieklesse te kan aanbied? Met die FUTURE PEN wat enige oppervlakte interaktief maak (teen R4100 baie bekostigbaar vir die musiekklas!) kan u gemaklik Sibelius (of enige ander rekenaar musiekprogram) teen die muur (en ook op die vloer!!) in die klas gebruik. Skakel Allmusic vir hierdie baie handige hulpmiddel in die klas.

Comments on: "Newsletter for the Music teacher" (1)

  1. chanel Pretorius said:

    Goeie middag,

    My man speel baie goed klavier, hy speel ook die orel in die kerk, ons is opsoek na bladlees boeke oor kerk musiek, waar kan ek dit kry en kan julle my help.

    Ek sal dit baie waardeer.

    Dankie
    Chanel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: