RONÈ ROUX

Luister 27 November ongeveer 13:40 op FMR101.3 op Cool Classic Kidz na hierdie uitsonderlike talent!

 

Roné Roux is op 3 Desember 1997 gebore.

 

Op 7 jr het sy begin viool speel, en ‘n jaar daarna begin met kerkorrel en klavier onder leiding van Niel Pauw. Toe sy 8jr oud was, het sy reeds haar eerste uitvoering op die orrel in die Endler-saal van die Konservatorium vir Musiek van die Universiteit van Stellenbosch gespeel. Sy studeer huidiglik klavier onder André Strijdom en orrel onder Ronelle Hoogenhout.

 

Op 12-jarige ouderdom het Roné begin kitaar speel, en klas geloop in musiekteater by die Waterfront Teaterskool in Kaapstad. Sy was deur die jare lid van haar skoolkoor en sanggroep, en tree dikwels as solis op, as beide sanger en pianis.

 

Sy is ‘n ywerige deelnemer aan die Stellenbosch Kunswedstryd en Helderberg Eisteddfod in sang, klavier , orrel en woordkuns. Buiten verskeie Cum Laudes in verskeie kategorieë sedert 2007, is sy in 2009 die aansporings-prys vir Solosang (11 jr) by die Stellenbosch Kunswedstryd toegeken, was die bekerwenner vir klavier en orrel in haar kategorie en wen twee kontantpryse , een vir klavier en een vir die jongste deelnemer in orrel. Sy is uitgenooi om op die Pryswennerskonsert op te tree in klavier en orrel. In dieselfde jaar behaal sy verskeie Cum Laudes by die Helderberg Eisteddfod en verower die medalje as wenner van die Intermediêre fase.

 

In 2010 bereik sy verdere hoogtes: by die Stellenbosch Kunswedstryd verower sy altesaam vier Cum Laudes, vier A+ en ‘n B+ in sang, klavier, orrel en poësie. Sy is ook die bekerwenner vir Solosang (12 jr) vir haar vertolking van Just Around the Riverbend, en deel as bekerwenner vir Volksliedjie vir haar vertolking van Danny Boy. Sy is uitgenooi om op die Pryswennerskonsert op te tree, op Sondag 6 Junie 2010, in die Endlersaal van die Konserwatorium vir Musiek. By die Helderberg Eisteddfod verwerf sy vier Cum Laudes en ‘n Goud + vir sang, en Goud+ vir klavier en Woordkuns. Sy word aangewys as die algehele wenner van die Intermediêre fase (Sang) en word vereer met ‘n medalje en ‘n sertifikaat by die Pryswenners konsert op 9 September 2010.

 

Roné is ook ‘n suksesvolle deelnemer aan die ATKV debatskompetisie en was in 2010 wenner van haar kategorie, toe sy vir die heel eerste maal deelgeneem het.

 

Roné het onlangs ook ontpop as liedjieskrywer en het met haar eerste twee liedjies, ‘Reënboogwêreld’ en ‘Not Alone Anymore’ met Goud + en Cum Laude by die Helderberg Eisteddfod weg gestap.

 

Op 18 September 2010 het sy haar eerste professionele solo-kabaret genaamd

‘ge-AnkeR’ by die Aan de Braak Teater op Stellenbosch gedoen, met begeleiding en regie deur Rika Vermeulen.



Roné Roux

VANDAG SE SUID-AFRIKA UIT DIE OOGPUNT VAN ‘N KIND

 

Roné Roux (12) bied haar ervaring van die jeug van Suid-Afrika aan gehore in ‘n weldeurdagte kabaret. Met vertellings en musiek skilder sy ‘n prentjie van haar lewe as jongmens vandag, geregisseer en begelei deur die bekende en ervare pianis Rika Vermeulen.

 

In ‘n suiwer sopraan stem en met hope talent is Roné reeds ‘n kunstenaar wat mee rekening gehou kan word. Sy is ‘n sanger, liedjieskrywer, komponis, pianis, orrelis en aktrise wat reeds met ‘n formidabele lys van toekennings in haar onderskeie genres kan spog, alhoewel dit haar min skeel. Sy is in murg en been ‘n passievolle ‘performer’ wat gebore is vir die verhoog.

 

Roné is totaal uniek in haar ouderdomsgroep sowel as uitvoerende kunstenaar. Intelligente interpretasie en ‘n bo-natuurlike musikaliteit maak van hierdie jong dame ‘n ervaring wat gehore uit hulle stoele laat spring.

 

Hierdie opvoering is iets wat mens nie moet misloop nie.

Roné Roux is onvergeetlik.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: