Vir dringende aandag: Vioolonderwysers
Vind asseblief hierby aangeheg ons program vir die Rustenburg Laerskool Musiekonderwysers Konferensie & Werkswinkel op Donderdag, 17 Maart 2011.
Ons wil egter graag vir vioolonderwysers, wat nie noodwendig met Klasmusiek, kore en klavieronderrig betrokke is nie, ‘n meer gespesialiseerde kursusprogram aanbied. Op die aangehegte inligtingstuk sal u sien dat die Konferensiefooi vir die dag, R450.00  beloop. Dit sluit ook koffie/tee/verversings en ligte middagete in.
Ons is baie bevoorreg om hiermee aan te kondig dat die volgende sprekers deel van ons dagprogram sal vorm:
Professor Jack De Wet – Prof De Wet sal twee sessies behartig. Een hiervan sal as Meestersklas aangebied word.
Annamarie Gelderblom – Annamarie sal met kursusgangers gesels oor ‘n vars benadering tot die Laerskool Orkes en ook ‘n demonstrasie-sessie behartig.
Elzaan Coetzee – Elzaan sal ‘n baie interressante onderwerp aanraak, naamlik die metodiek en onderrig betrokke by die baie jong violis.
Program vir onderwysers wat slegs die strykersessies wil bywoon. ( R 200.00 per persoon )
08h00 – 08h30       Registrasie (Koffie/Tee)
08h30 – 09h00       Openingsspreker : Alexander Fokkens
09h00 – 09h30       Elzaan Coetzee
09h30 –10h00        Annamarie Gelderblom
10h00 – 10h30       Orkesdemonstrasie : Annamarie Gelderblom
10h30 –11h00        Koffie/Tee & verversings (Bring ook besoek aan die uitstalruimte met opwindendende nuwe bronne & repertoire)
11h00 – 11h40       Prof Jack de Wet  : Lesing
11h40 – 12h20       Prof Jack de Wet  : Meesterklas
12h20 – 13h00       Etensuurkonsert : “Prente op ‘n Uitstalling”…Mussorgsky
Gedigte geskryf en voorgelees deur Philip de Vos en die befaamde Kaapse pianis, Tertia Visser_Downie
13h00 – 13h30       Middagete
Vind asseblief aangeheg die algemene inligtingstuk en registraisevorm en dui slegs daarop aan dat u diestrykerskomponent sal wil bywoon (Fooi : R 200.00 per persoon)

Vriendelike groete
Hendrik Marais
Hoof : Musiekdepartement

Contact Details:

Rustenburg Junior School, Main Road, Rondebosch 7700

P.O. Box 556, Rondebosch 7701

Tel: (021) 689 1981, Fax: (021) 686 7106

e-mail: postmaster@rgjs.org.za


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: