VIOLIS IN KONSERT

Op Woensdag 30 Maart om 19:00 lewer Valentina Koleva Vorster ‘n uitvoering van Oos –Europese viool repertoire in die Hugo Lambrechts Ouditorium in Pictonstraat  Parow.  Sy word op die klavier begelei deur Reese Barkhuizen.

 

Valentina Koleva Vorster is vanaf 2011 aangestel in ‘n voltydse vioolpos by die Hugo Lambrechts Musieksentrum. Sy is gebore  in Bulgarye en het  haar B Mus graad in Sofia behaal. Tydens haar tyd in Bulgarye was sy ‘n lid van twee van die nasionale orkeste en het deur meeste van Europa saam met hul getoer.

 

In 2002 het sy na Suid-Afrika gekom en by die KZNPO orkes  in hul eerste vioolseksie aangesluit.  Vanaf 2006 en 2009 was sy mede- konsertmeester van hierdie orkes. In 2009 het sy na Kaapstad verhuis en as ‘n vryskut violis begin werk.

 

Haar begeleier, Reese Barkhuizen het sy klavierstudies onder prof Joseph Stanford in Pretoria begin en later voortgesit onder  Francios du Toit  aan die College of Music in Kaapstad. Tydens sy tyd in kaapstad was hy wenner van verskeie kompetisies.  Hy tree gereeld op in die Kaap.

 

Op hul program gaan vioolwerke van Szymanowski, Bartok. Tchaikovski en Vladiguerov wees.

 

Skakel die Musieksentrum 0219399105 vir meer inligting.

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: