AAN DE BRAAK TEATER SE APRIL PROGRAM!
Hier volg die April program, en intussen is die teater besig met ‘n
paar nuwe projekte!  Behalwe vir die jaarlikse DEURBRAAK FEES, is daar
‘n paar nuwe innoverende dinge aan die gang, ons sal julle op hoogte
hou!

AAN DE BRAAK is die teater wat vir jong kunstenaars ‘n verhoog bied,
en blootstelling bied en dit is ons passie en motivering!

Groete
Christine en Johan Falck

AAN DE BRAAK TEATER
ALEXANDERSTRAAT
STELLENBOSCH
7600

EIENAAR:  CHRISTINE FALCK
082 3353105

POSBUS 7322
STELLENBOSCH
7599

 

3 –9 APRIL

KKNK PROJEK – TOWERFLUIT KLANKE :  AAN DE BRAAK IN SAMEWERKING MET INGRID HOWARD.

AAN DE BRAAK IS DUS GESLUIT VIR HIERDIE PERIODE.

13 APRIL om 20h00

FRANCOIS LOUW

R60 VOLWASSENES EN R30 STUDENTE

Om die vermoë om te skep te ontleed, is ‘n onmoontlike taak.  Maar tog herken ons die gawe.  Die gawe wat Francois het is om vloeiende musiek te skryf en te kombineer met woorde met betekenis.

Die “songs” wat so geskep word, sal in jou ore en gedagtes draal.  Hoe meer jy luister, hoe meer sal jy hoor.  En hoe meer jy hoor, hoe meer sal jy dink !

Francois is gebore en getoë in Paarl en is reeds op ‘n jong ouderdom aan musiek blootgestel.  Sy Oupa, wie ook die gawe van musiek gehad het, kon agt instrumente bespeel en het ook sy eie orkes gehad in die 1940’s.  Alhoewel sy Pa ook betrokke is, is hy meer ‘n man vir lirieke en verkies hy om in die skaduwees te beweeg.

Op die ouderdom van 25 het Francois reeds meer as 50 “songs” geskryf.  Al die opnames, produksie en klank is deur Derick Lennox van “Duisend Liggies” behartig.  Die CD “Destination” is in April 2010 vrygestel toe Francois besluit het om homself voltyds aan sy musiek toe te wy.  Meer oor die 12 snitte op die CD kan op die lirieke blad onder “Songs” gevind word.  Die gedagte is dan ook om van die ander “songs” in die nabye toekoms vry te stel.

Francois se “live shows” word goed ondersteun en sonder uitsondering geniet die skare die vertonings en sy gemaklike verhoogspersoonlikheid.  Die manier hoe hy sonder aanstellerigheid geestelike kwessies en sosiale kommentaar kombineer met saamsing wysies fassineer die skare.  Hy het dan ook reeds ‘n lojale gevolg opgebou.

Om die gawe te erken moet nie met ydelheid verwar word nie.  Juis die teenoor-gestelde.  Francois is van voornemens om in alle nederigheid en dankbaarheid aan sy talent te werk en so “to sow the seeds for future needs” (Uit Destination).

Francois is ‘n B.Comm graduant van die Universiteit van Stellenbosch (2007) en het ‘n honneurs graad in Stadsbeplanning verwerf by die Universiteit van Vrystaat in 2009.  Hy is ‘n toegewyde sportman en het uitgeblink in tennis, muurbal en rugby.  Hy is getroud met Niki vir wie hy “Take it slow” geskryf het toe hulle ontmoet het.

 

 

 

14 APRIL om 20h00

LUNA PAGE EN GERALD CLARK

R80 volwassenes/R30 studente

 

Both of these artists have been wowing audiences over the last decade! With powerful voices and a tremendous passion for what they do, they have managed to obtain loyal followers wherever they perform.

Luna Paige is known for her sultry voice, powerful story telling lyrics and beautiful compositions. Her performance varies with blues, jazz, country, pop, rock and reggae infused tunes. She accompanies herself on piano and acoustic guitar and has performed with some of SA’s best session musos. With 3 album releases behind her, she has an array of songs that have been play listed on numerous radio stations, have been aired on television programs such as Going Nowhere Slowly, MK and have landed features on glossy programs such as Pasella, Artcha, The Power Within and more.

Gerald Clark is without a doubt one of SA’s top blues singers. With regular gigs all over SA and invitations to most of SA’s blues festivals, he is known for his foot-stomping renditions of classic blues tunes, the composition of amazing original blues songs and captivating audiences with his sexy and fun performances. He gained most of his experience as front man of the popular blues band Delta Blue and has been performing as solo artist for the last couple of years. This journey has ensured exciting collaboration with artists such as Albert Frost and many more.

Luna and Gerald have been partying and working together for many years and decided to put together a show- singing the blues and country. They will be performing their own original songs as well as doing their own interpretations of famous country and blues tunes and duets such as “Jackson” (Johnny Cash and June Carter), “Gone, Gone, Gone” (Robert Plant and Alison Krauss), “Bobby McGee” (Janis Joplin), “Don’t mess up a good thing” (Ry Cooder) and much more. They will also be performing song “Right kind of Love”, a duet, composed and released by Luna Paige as part of her 3rd album (Wonderful life) release in November 2009.

 

15 APRIL om 20h00

CHRISTOFF BEUKES

R60 VOLWASSENES EN R30 STUDENTE

Dis die lewensreis vanaf die blou berge van die Overberg, waar Christoff Beukes grootgeword het, na die strate van Johannesburg, wat die inspirasie is vir die liedjies op “Geraamtes van ‘n Droom”, sy debuut album.

Christoff het na skool begin kitaar speel en liedjiesskryf, maar ‘n onbeplande optrede by KKNK, 4 jaar gelede, het die wiel aan die rol gesit en kort daarna het hierdie Kapenaar Johannesburg toe getrek om ‘n musiekloopbaan te begin.

Alhoewel sy musieksmaak redelik wyd strek, is Bruce Springsteen, U2, Bob Dylan, Tom Waits en David Kramer baie defnitiewe invloede op sy skryfstyl.

“David Kramer se “Jis,Jis,Jis” was die eerste album wat ek besit het. Ek was te jonk om baie van die humor en sosiale komentaar te verstaan, maar die musiek en energie van sy optrede het met my gepraat. Veral “Botteltjie Blou”. Dis steeds my gunsteling afrikaanse liedjie…”

Hoewel vergelyke getrek kan word musikaal na sy invloede, is dit die mense wat oor sy pad gekom het, wat die liedjies geinspireer het.

“Dis ‘n baie persoonlike album, soms te na aan die waarheid, maar dis nie iets waaraan jy dink as jy skryf nie.”

Hy sing, speel kitaar en mondfluitjie op “Geraamtes van ‘n Droom”,en die orkes op die album is: Michael Canfield op dromme, Angus Rose op klawers en kitaar, Burt Askes op baskitaar, Cesare Attilio Cassarino op kontrabas, Phil Holden op saksefoon, Al Coakley op kitaar,mandolien en dobro.

Die album is in Oktober 2010 vrygestel deur Aardvark Records en is in meeste groot musiekwinkels beskikbaar.

 

16 APRIL OM 20H00

PHILLIP MALAN

R60 VOLWASSENES EN R30 STUDENTE

 

FINGER STYLE GUITAR SHOW

Wonderlike aand met 3 kitare

 

21 APRIL OM 20H00

PIETER VAN HELSLANDT

Pieter van Helslandt, long-time pianist and musical director of the French chanteuse, Daniele Pascal, has finally stepped up! See him LIVE with his piano/vocal show – performing songs of Elton John, Joshua Kadison, KEANE and Leonard Cohen.

Na die reuse sukses van sy debuut verlede jaar, is hy terug op aanvraag. Met uitverkoopte vertonings, is hierdie een ‘n MOET!  Pieter verweef digkuns en musiek op sy unieke manier om die luisteraar te inspireer en te vermaak.  Sy Karoo-herkoms het trefkrag en sy gemaklike verhoogpersoonlikheid betower almal.

”AT LAST” is an unique theatre experience from a young rising star!  Be sure not to miss it!
Tickets: R50.00. Bookings are essential. Bar facilities available. Phone Christine 082 335 3105

 

26 APRIL OM 20H00

AD LIB

TEATERSPORT

 

Comments on: "AAN DE BRAAK TEATER SE APRIL PROGRAM!" (1)

  1. Anel King said:

    Hallo Christine, ek is Elle Amor se koordineerder en wil graag ‘n afspraak maak om ‘n optrede van hulle in jul teater te probeer reel gedurende Junie. Is dit moontlik? Dis so ‘n veelsydige groep met Elzeth Germishuys aan die hoof daarvan.
    Ek hoor graag van jou!
    Groete
    Anel King

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: