Na 25 jaar se ondervinding in musiek onderwys is daar een aspek wat ek as deurslaggewend beskou in die onderrig van jong kinders (Laerskool) en dit is die betrokkenheid en ondersteuning van die ouers.  Ek glo alle musiek opvoeders kan boeke hieroor skryf maar ongelukkig is dit ‘n aspek wat selde formeel aangespreek word.

Ek het onlangs ‘n ouer gehad wat by my kla dat haar 6 jarige dogter nie uit haar eie musiek wil oefen nie.   Ek het haar ma vriendelike daarop gewys dat meeste jong kinders ook nie hul tande sal borsel of huiswerk doen , sonder dat hul ouers daarop aandring nie.  (Haar dogtertjie doen ook ballet.)  Ek het haar gevra of sy haar kind na die ballet oefeninge neem (natuurlik).  In dieselfde mate moet ouers hul kinder na hul musiek oefening “neem”.  Die feit dat dit binne hul huis plaasvind, skuif nie die verantwoordlikheid om dit te doen na die kind nie!  Baie ouers se verskoning is ook dat hul niks van musiek af weet nie.  My ma het geen kennis van viool gehad nie, maar haar blote ondersteuning, belanstelling en soms “harde woorde” van aansporing het my gebring waar ek vandag is.

Die sukses van aanvangs  musiek onderrig is in die ouers se hande.  Die eerste paar musiek lesse is vir alle kinders lekker en opwindend.  Sodra hul egter vind dit raak moeilik, raak hul ontmoedig.  Dit is hier waar die ouers se ondersteuning essensieel is.  Niemand (volwassenes ook) hou daarvan om iets te doen wat moeilik is, of wat hul nie regkry nie MAAR deur ons kinders deur hierdie proses te begelei, leer ons hul dat dit deursettingsvermoe en harde werk kos om iets te bemeester, ‘n vaardigheid wat hul die res van hul  lewe sal gebruik – musikant of nie!

Die plesier , vreugde en liedfe van musiek word eers ontsluit wanneer dit bemeester word.  Ek was bevoorreg om dit al soveel male deur kinders te beleef.  Ek het jare gelede by ‘n laerskool voltyds les gegee.  Van die leerlinge wat 6 jaar deur my hande is het verlede week my na hul Gala konsert (nou in matriek) genooi!  Dit was ongelooflik om te sien hoe hierdie kinders van muskieleerlinge to volwaardige MUSIKANTE ontwikkel het!  Ek het na afloop van die konsert met een van my leerlinge gepraat en hom herinner dat hy in Graad 6 wou ophou met musiek.  Ek en sy Ma het hom deur daardie moeilike tyd volkome ondersteun en vandag is hy ewig dankbaar want hy (en almal wat luister) kan die vreugde, passie, emosie en heling van  sy musiek ervaar.

Cool Classic Kidz poog om ons jong musikante te inspireer en ook te ondersteun deur daardie “moeilike” tye.  ‘n Ware voorbeeld van passievolle ondersteunende ouers is Steven en Glenda Williams. Hul seun is gekies vir die Drakenberg seunskoor en te midde van uitdagende finansieele omstandighede onersteun hul hom en sy musiek ten volle.  Hul dogtertjie Whitney (Parow-Wes Primer) is onlangs deur Cool Classic Kidz en Sterling EQ verras deur haar na hul vertoning by Artscape te nooi.  Sy en haar ouers het dit bygewoon.  Sy het die Sondag daarna ‘n viool vir haar verjaarsdag ontvang.  Cool Classic Kidz sal as borg optree vir haar musiek lesse wat eersdaag sal begin.

Carina Bruwer, Eriel Huang, Renate Riedemann, Ariella Caira of Sterling EQ with Steven, Glenda and little Whitney Williams at their show at the Artscape Arena.

Dit is geweldig belangrik dat ouers ook hul kinders sal blootstel aan ons eie musikante wat as rolmodelle kan optree.  Sodoende stimuleer ons ook ons eie musiek bedryf en verseker vir ons kinders ‘n  toekomstige loopbaan in die uitvoerende kunste.  Suid-Afrika het van die beste musikante in die wereld.  Dit is tyd dat hul eie gehore  hul leer ken en ondersteun.  Cool Classic beoog ‘n “Meet the Celebs” konsert waar daar ‘n kindergerigte program aangebied sal word deur ons eie “Classical Celebs”.  Daar sal ook geleentheid wees vir die kinders om met die musikante te gesels en vra te vra.  (Hou die pers dop vir meer besonderhede).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

%d bloggers like this: